Die Kestell Rugby Klub het na 'n jaar se stilte weer onststaan en kampioene van die Stoney Steenkamp liga geword in 2011  
 

 

 

2012 Borge:

Die Kestell Hotel

 

 



Rugby speler, of rugby liefheber ....
Kom ondersteun jou Kestell span!

 

 

 

Kestell rugby klub het die 2011 seisoen volstoom en vol moed begin. Die spelers het op hulle goeie vertoning van die vorige jaar gebou en goeie rugby gespeel.

 

In die 2011 seisoen is min wedstryde gespeel a.g.v. spanne wat onttrek het, maar dit het nie die spelpyl van die span beïnvloed nie. Die span het in die tweede divisie gespeel en onoorwonne na die finaal deurgedring waar hulle met ‘n gedugte Collegians 2 span moes swaarde gekruis. Kestell het na ‘n harde stryd die wedstryd 26 -18 gewen en so die kampioene van die Stoney Steenkamp liga geword.

 

 

 

 

Kestell Rugby Klub

 

 

               Kestell Rugby Klub

 

 

                                    Drie gelukkige spelers na die gewonne finaal!

 

 

Die spelers het tot hulle volle potensiaal gepresteer en nog meer gegee as wat van hulle verwag was. Die bestuur van 2012 gaan hul beywer om alles in hul vermoë te doen om die pad wat in 2011 begin is verder te vat. Ons wil 2012 so maklik as moontlik vir die spelers maak sodat hulle nie net weer Kestell trots maak nie, maar ook self, die spel rugby, sal geniet soos dit geniet moet word.

 

Die grootste uitdagings vir die bestuur is om genoeg fondse intesamel vir 2021. Kestell rugby is die kombinasie van meer as een dorp se spelers. Die klub word gevoed deur Kestell dorp spelers, asook Harrismith, Bethlehem en spelers van Qwa-Qwa. Meeste van die spelers kan nie hul eie vervoer bekostig nie omdat ons ‘n klub is met baie ontwikkelende spelers (nie-blanke spelers) en daarom beoog die bestuur om petrol geld asook taxi’s vir die spelers beskikbaar te stel om die oefeninge en wedstryde by te woon.

 

 

Indien enige hulp verleen wil word of enige speler belang stel om vir Kestell te kom speel kan U gerus enige van die bestuurslede kontak. Ons wil 2012 weer ‘n groot jaar maak vir Kestell Rugby.

 

 

 

Wedstryd Bepalings van Kestell

 

Die liga word in 2 poele gedeel wat teen mekaar uitspeel.  Die hulle uitgespeel het beweeg die boonste 3 spanne na die Eerste liga (Willie Crowther) toe en die laaste 4 spanne van die Tweede liga (Steyn Steenkamp) toe, waarna die wedstryde weer ingedeel gaan word.  Alle wedstryde 16h00 tensy anders vermeld

 

Datum

Opponent

Plek

17 March

Collegians2

Kestell

24 March

Lindley

Lindley

31 March

Harrismith

Harrismith

14 April

Reitz

Kestell

21 April

Frankfort

Kestell

5 Mei

Leopards

Qwa-Qwa

12 May

 

 

19 May

 

 

26 May

 

 

2 June

 

 

9 June

 

 

23 June

 

 

30 June

 

Skougronde (Trails)

7 July Semi finale

 

 

14 July Finale

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DIE KESTELL RUGBY BESTUUR

 

Voorsitter: Mnr Bertus Cordier

Kontaknommer: 082 789 2557

 

Onder Voorsitter: Josua Grobler

Kontaknommer: 076 089 2283

 

Afrigter/sekretaris: Vorster Zeilinga

Kontaknommer: 082 924 4227

E-mail adres: hvz@harrismith.co.za

 

Tesourier / sekretaresse: Daniel Kruger

 

Klub Kaptein: Piet Molefe

 

Terrein toesig: Geelboy Mthembu

 

Addisionele lid: Vorster Zeilinga

 

Addisionele lid: Bennie Strydom